Organiseerder: mev R Steyn
Hulp-onderwyser: mev. K Badenhorst
Buite- afrigter: mnr. Christo Lombard
Hulp-afrigters: mnr. T Venter en Me C Venter

Jukskei word gedurende die derde kwartaal gespeel.

Oefen tye is Dinsdae en Donderdae van 2 – 4 uur by die bane in 18 e Laan (oorkant Moot Hospitaal en agter Moot Polisistasie)

Die skoolbussie sal leerders vanaf skool tot by 18e Laan vervoer maar leerders moet self vervoer na oefening van die bane reël.

Gedurende 2018 het 3 spanne vir die liga ingeskryf en het hulle as volg in hulle onderskeie ligas presteer:

O/16 Dogters - 2e
O/16 Seuns - 3e
O/19 Dogters - 1e

Inus Venter is vir Gauteng- Noord O/16 seunsspan geskies waar hy tydens die afgelope Desember vakansie aan die SA Jukskei Kampioenskappe wat van 8 – 14 Desember 2018 te Kroonstad gehou is, deelgeneem het en het sy span derde geëindig. Hy was ook in die Gauteng span wat die SA Streek kampioenskappe gewen het en hy is gekies as lid van die O/16 SA A-span wat in ‘n vertoon wedstryd die SA span gewen het.

Baie geluk aan Inus en elke jukskei-speler met die mooi prestasie in 2018.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die 2019 seisoen!

Nog geen datums vir 2019 is ontvang nie.