Hoërskool Wonderboom se krieket het homself oor die laaste paar jare as een van die groottes in die Noorde van Pretoria bewys. Ons speel in die eerste kwartaal met ons 1ste-, O/15- en O/14 spanne in die Buurmanskap Trofee vir skole Noord van Pretoria. Deelnemende skole is Wonderboom, Montana, Oos-Moot en HTS John Vorster. Hoërskool Wonderboom is al twee keer as die algehele wenners aangewys.

Gedurende die Junie/Julie skoolvakansie onderneem ons toere na onderskeidelik Potchefstroom. Die toere word gebruik as voorbereiding vir die liga, asook uitstekende geleentheid vir spanbou.

Ons maak gebruik van gekwalifiseerde afrigters wat passievol is oor krieket. Ons lewer jaarliks spelers op wat die distrikspan gedurende die Oktober vakansie verteenwoordig, asook spelers vir provinsiale spanne.

Ons skool spog ook met ‘n krieket-akademie wat by KSA (Krieket Suid-Afrika) en NCU (Northens Cricket Union) geafilieer is. By die akademie kry seuns die geleentheid om individuele afrigting te ontvang wat fokus op voorbereiding met die oog op die liga seisoen Krieket by Hoërskool Wonderboom kry aandag gedurende die hele jaar naamlik :

Eerste kwartaal - Buurmanskap Trofee
Tweede tot vierde kwartaal – Krieket-akademie, asook toere gedurende die vakansie
Derde kwartaal – Vriendskaplike-, asook liga wedstryde
Vierde kwartaal – Aandreeks vir eerste spanne

EERSTE SPAN
DATUM TEENSTANDER TUIS/WEG OVERS KOMPETISIE
15 Januarie HTS John Vorster Weg 20 Buurmanskap
16 Januarie Montana Weg 20 Buurmanskap
17 Januarie Oos-Moot Weg 20 Buurmanskap
22 & 23 Jan Oos-Moot Weg 50 Buurmanskap
29 & 30 Jan HTS John Vorster Weg 50 Buurmanskap
5 & 6 Feb Montana Weg 50 Buurmanskap

 

ONDER 15
DATUM TEENSTANDER TUIS/WEG OVERS KOMPETISIE
24-Jan Oos-Moot Weg 20 Buurmanskap
31-Jan HTS John Vorster Weg 20 Buurmanskap
07-Feb Montana Weg 20 Buurmanskap

 

ONDER 14
DATUM TEENSTANDER TUIS/WEG OVERS KOMPETISIE
22-Jan Oos-Moot Weg 20 Buurmanskap
28-Jan HTS John Vorster Weg 20 Buurmanskap
04-Feb Montana Weg 20 Buurmanskap