VISIE

Om elke dogter die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te bereik in die netbalspan waarin sy speel. Wonnie netbal streef daarna om dogters te leer om positief te wees en ‘n voorbeeld te stel op, en vanaf die netbalbaan. Ons is ‘n familie wat mekaar ondersteun en ‘n pad stap deur goed en sleg.

Tydens 2017 het ons gemengde suksesse behaal. Die 0/19A en die 0/17A spanne het deurgedring na die Tshwane kampioenskappe waar beide in die semi-finaal verloor het. Vier (4) speelsters (Nanique Stevens, Karissa Birkenstock, Anemie Aylward en Phenyo Modise) het tot die finale rondte GSS proewe deurgedring. Ons 0/1 A het ook die liga gewen en was onoorwonne tydens die seisoen.

Wonnie-netbal het 15 spanne wat 7 vriendskaplike wedstryde speel as voorbereiding vir die liga. Tydens die liga speel ons Jubilee B vir grootskole. Die top 3 gaan deur na die Tshwane Kampioenskappe, waarna die top 2 dan deur dring na die GSS kampioenskappe by EG Jansen.

Daar is jaarlikse netbaltoere vir 0/14 tot 0/19 spanne, wat plaasvind vanaf 2-8 April. Die 1ste span toer na Margate sportskool vanaf 3-8 April. Die 0/16 en 0/17 spanne toer na Hoërskool Monument vanaf 4-6 April en die 0/14 en 0/15 toer ook na Hoërskool Monument vanaf 2-4 April.

Wonnie-netbal het 15 spanne wat in die Jubilee B liga speel. Posisie 1-5 in liga sal deur dring na Tshwane Kampioenskappe op 1 Junie by Curro Hazeldean. Posisie 6 & 7 speel eers Batu uitspele op 30 Mei by Hoërskool Montana en as hulle 1 & 2 eindig gaan hulle ook Tshwane kampioenskappe speel op 1 Junie. 

Ons het dit goed gedink om die jaar ‘n dag kursus by ons skool te hê vir 0/14 tot 0/17 dogters. Dorette Badenhorst (Protea afrigter) sal die kursus aanbied met behulp van al ons afrigters. Die 1ste span toer na Die Hoërskool Monument in Krugersdorp vanaf 25 tot 27 Maart.

Netbal Akademie

Die netbal akademie sal slegs plaasvind die 1ste, 3de en 4de kwartaal wanneer dit voor seisoen of na seisoen is. Die doel van die akademie is om aan vaardighede te werk asook om posisionele afrigting te gee.

Maandae en Woensdae: 0/17 & 0/18 groep
Dinsdae:   0/13 & 0/14 groep
Donderdae:  0/15 & 0/16 groep

Personeel betrokke

0/14 Me E Haack, Me E Jacobsz, Me C Purcocks
0/15 Me J Minnaar, Me N Smith, Me M Hubrig
0/16 Me M Joubert
0/17 Me N Crous
0/19 Me M Shrives

Skool Proewe

Die proewe sal 22 & 23 Februarie plaasvind en om dogters geleentheid te gee om hokkie en netbal te proef sal die proewe op verskillende tye plaasvind. Meer inligting sal teen 15 Februarie gegee word.

Distrik proewe

Alle dogters wat in die A-spanne gekies word in verskeie ouderdomme moet proewe gaan speel. 

0/14 Oos-Moot 4 Maart registasie 14:30
0/15 Oos-Moot 4 Maart registrasie 14:30
0/16 Montana 7 Maart registrasie 14:30
0/17 Montana 7 Maart registrasie 14:30
0/18 Overkruin 8 Maart registrasie 14:30

Tshwane proewe

Alle dogters wat in distrik span verkies word gaan deur na 2de rondte proewe.

0/14 Pretoria Noord 11 Maart registrasie 14:30
0/15 Pretoria Noord 11 Maart registrasie14:30
0/16 Montana 12 Maart registrasie 14:30
0/17 Montana 12 Maart registrasie 14:30
0/18 Garsfontein 13 Maart registrasie 14:30

Netbal vriendskaplike en liga datums

DATUM TEEN SPANNE VENUE
14 Maart Hoërskool Warmbad  (A & B spanne) weg
13 April  Hoërskool Nylstroom (A & B spanne) weg
6 April  Netbal interhuis Alle dogters in huisspanne  
17 April  Sutherland   tuis
24 April Prestige College   weg
3 Mei Midstream College   weg
6 Mei Montana   tuis
10 Mei Centurion   tuis
17 Mei Overkruin   tuis
24 Mei Pretoria Noord    weg
30 Mei Batu uitspele 6 & 7 in liga Montana
1 Junie Tshwane Kampioenskappe 1-5 liga en 1 & 2 Batu Curro Hazeldean
8/9 Junie GSSA kampioenskappe   EG Janse