Missie

Die Hoërskool Wonderboom deel die volgende rugby- missie: Om elke leerling die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te bereik in die rugbyspan waarin hulle deelneem en dat elke span sal presteer na die beste van hulle vermoë.

Visie

Om rugbyspelers te ontwikkel wat op die hoogste vlakke deur effektiewe en bekwame sportadministrasie en professionele afrigting kan deelneem.

Afrigters

Die Hoërskool Wonderboom spog met hoë gehalte rugby afrigters. Die afrigters gaan jaarliks op kursusse om op datum te bly met die nuutste metodes en afrigting style. Al die afrigters moet minste ʼn vlak 1 afrigting kursus voltooi asook die Boksmart kursus.

Ontmoet ons Afrigtingspan vir 2019:

O/14 Span: Mnr. W. Jansen van Rensburg , Mnr. C. Schmahl en Mnr. H. Smith
O/15 Span: Mnr. G. Snyder en Mnr. D. Hanafey
O/16 Span: Mnr. W. Jansen van Rensburg , Mnr. A. Oosthuizen en Mnr. R. van der Merwe
3de span: Mnr. L. Roodt en Mnr. M. Scott
1ste en 2e span: Mnr C. Prinsloo, Mnr. E. Jordaan en Mnr. M. Scott

Ontmoet ons Spanbestuurders vir 2019:

O/14 Span: Mnr. W. Jansen van Rensburg
O/15 Span: Mnr. B. Deysel
O/16 Span: Mnr. R. van der Merwe
2de en 3de span: Mnr. L. Roodt
1ste span: Mnr. L. Roodt

Dienste 2019

  • Fisioterapeut Mej A Bekker (Sy sal beskikbaar wees na skool asook op wedstryd dae vir strapping en behandeling.)
  • Wedstryd opname
  • Sportwetenskaplike
  • Wedstrydstatestiek

Springbokke prestasies

Die Hoërskool Wonderboom spog met 5 Springbokke wat deur die jare die Tier trui gedra het. 
Mnr Braam van Straten, Mnr Charl McCleod, Mnr Avril Malan, Mnr Piet Du Plessis en Mnr Hannes Botha.

Bepalings 2019

DATUM PLEK TUIS/WEG
22/23 FEB Proewe Tuis
2 Maart Rugby werkswinkel (Afrigters en spelers) Tuis
9 Maart Hoërskool Ben Viljoen Weg
14 Maart Hoërskool Warmbad Weg
15-17 Maart O/14 oefenkamp te Dullstroom Dullstroom
17-21 Maart Danie Rossouw rugbyweek te Witrivier Witrivier
5 April Interhuis 7’s toernooi Tuis
6 April Oefen-naweek Tuis
13 April Hoërskool Nylstroom Weg
17 April Highschool Sutherland Tuis
26 en 27 April Oefen-naweek Tuis
3 Mei Hoërskool Overkruin Weg
3 Mei BB Proewe 1e span by HTS JV en O/16 by PTHS Weg
10 Mei Midstream College Tuis
17 Mei Hoërskool Pretoria Noord Tuis
24 Mei Pretoria technical High School Weg
31 Mei Loslootjie -
7 Junie Hoërskool Tuine Tuis
12 Junie Hoërskool John Vorster Weg
13 Julie Bulle semi-finaal TBA
20 Julie Bulle finaal TBA
27 Julie Virsekerbeker kwalifiseerende rondte TBA
3 Augustus Virsekerbeker kwart-finaal TBA
10 Augustus Virsekerbeker semi-finaal TBA
17 Augustus Virsekerbeker finaal TBA