Organiseerder: Me M Shrives

 

Die sagtebal van die wonnies groei jaarliks en presteer op alle vlakke. Vier van die vyf A-spanne eindig top 8. Die Jaguars dring deur tot semi-finaal en eindig 4de uit 16 skole.

Ons het ses dogters (Clarinda Nell, Duanique JV Rensburg, Jene Bezuidenhout, Charmone Breedt, Tania SHattock, Cadene Joubert) wat vir die Gauteng Noord spanne gekies was. Drie van die ses word na afgeloop van toernooi gekies vir “allstar” spanne wat 2019 oorsee toer. 

Gala Mathye was gekies vir die Gauteng span wat na afgeloop van haar toernooi gekies was vir die SA skole oefen groep.

In 2019 begin daar ‘n sagtebal aademie die 2de kwartaal, wat deur Me M Shrives en Mnr R Theyse hanteer sal word. Liga datums sal op later stadium beskikbaar wees.