Tafeltennis-ligawedstryde

A-Liga

DATUM TEEN TUIS/WEG
11-Apr Affies Seuns Tuis
18-Apr Hoërskool Gerrit Maritz Tuis
25-Apr AHMP Weg
30-Apr Hoërskool Zwartkops Tuis
09-Mei Hoërskool Waterkloof Weg

B-Liga

DATUM TEEN TUIS/WEG
11-Apr Affies Seuns Weg
18-Apr Courtney College Weg
25-Apr AHMP Tuis
30-Apr Hoërskool Zwartkops Weg
09-Mei Hoërskool Waterkloof Tuis


Konsentrasie, uithouvermoë en harde werk: Dit is drie van die belangrikste komponente om van jou ‘n tafeltenniskoning te maak!

Ons het 2018 afgesluit met n uitstekende seisoen waar ons A-span net een wedstryd teen Boys High afgestaan het en so algeheel tweede in die liga geëindig het.

Ons proewe het vroeg in Januarie begin en sal tot die tweede week van Februarie strek. Van daar af sal ons elke Dinsdag en Donderdag vanaf 14:00 – 16:00 uur vir die res van die kwartaal oefen.

Ons liga skop op 11 April af vanwaar ons elke Dinsdag sal oefen en Donderdag liga speel. Indien ander reëlings getref moet word, sal die leerders ingelig word. Daar sal die jaar weer in die A- en B- Ligas deelgeneem word met die oog daarop om ons jong groep vir die jare wat kom te bou.