Die Wonnie Warriors dra die “WOW-faktor”. Die Warriors is die atletiek se geessanggroep, wat die atlete ondersteun en geesvang op hul eie, unieke manier. Die Wonnie Warriors se oefening vind plaas gedurende die atletiekseisoen by die skool.

Ons is trots om te sê dat die Warriors jaarliks by die Interhoër optree en hulself uitstekend van hulle taak kwyt. Jy wil tydens jou skooljare in Hoërskool Wonderboom ‘n Warrior wees.